Gereelde Vrae en Antwoorde
Wat is die verskil tussen die mislukte voorgestelde SRA en SCVID?
Daar is ‘n hele paar verskille. Die grooste hiervan is dat die SCVID vrywilligis. Niemand word gedwing om vir n organisasie te stem wat ‘n tarief op jou wil afdwing nie.
Ons konsentreer daarop om misdaad nou te verbeter en nie eers oor die volgende dekade nie. Terwyl die voorgestelde SAG besig was om stemme te probeer wen, om ‘n verpligte tarief in te stel, het ons reeds meer kameras geïnstalleer as wat hulle beplan het teen 2030.
’n Volgende groot verskil is dat ons onafhanklik van die munisipaliteit funksioneer. Hulle kollekteer nie tariefgelde namens ons nie en bepaal ook nie wat die beste vir Sandbaai is nie. Die SCVID sal saam werk met die munisipaliteit, maar slegs in die guns van die Sandbaai gemeenskap se wil en prioriteite.
Ons begin ook nie met 'n groot opgeblase begroting vir verouderde, onbetroubare kamerastelsels wat so ‘n groot begroting vereis, dat eers fondse ingesamel moet word daarvoor nie.
Hoekom moet ek by die SCVID aansluit?
Wanneer ons in teveel groepe verdeel is, het ons minder mag om dinge in Sandbaai gedoen te kry. As daar byvoorbeeld ‘n strandskoonmaak op 2 WhatsApp-groepe geadverteer word sal dit hopelik 5 mense laat opdaag. Met die ondersteuning van die SCVID kan ons meer mense bymekaar kry en n groter area skoon maak en ‘n groter verskil laat.
Dieselfde beginsel geld vir die kwessie van misdaadbekamping in Sandbaai. Deur by die SCVID aan te sluit, gee jy jou stem aan ons missie om Sandbaai te verbeter en ons almal te verteenwoordig. Lede stem oor inisiatiewe. Lede help vorm aan die doelwitte van Sandbaai.
Met lidmaatskap gratis, het jy niks om te verloor nie en alles om te wen. Help ons om jou te help. Sluit vandag aan.
Wie bepaal wat Sandbaai sal verbeter?
Die SCVID lede sal voorstelle maak en daardie voorstelle sal voor gestem word deur lede. Die voorgestelde verbeteringe sal deur die SCVID geïmplimenteer word. Waar nodig sal die SCVID met die munisipaliteit koördineer waar goedkeuring nodig is en aan regulasies voldoen moet word.
Is die SCVID 'n private maatskappy
Nee. Die Sandbaai Gemeenskap VID is 'n geregistreerde NPC (Nie-winsgewende maatskappy) wat die belange van Sandbaai verteenwoordig onder die raamwerk van 'n vrywillige verbeteringsdistrik. Die direkteure is vrywilligers wat in Sandbaai woon.
Sal die Direkteure van SCVID ‘n salaris verdien?
Nee. Die SCVID is heeltemal vrywillig. Die Direkteure bied hul tyd en vaardighede gratis aan.
Hoe sal SCVID misdaad voorkom?
Die SCVID-benadering tot misdaadvoorkoming is:
• A.I. kameranetwerke vir vroeë waarskuwing
• CCTV-monitering
• Ons publieke Spotters-groepe
• Sandbaai Buurtwag patrolleerders
• Privaat sekuriteitsmaatskappye wat saamwerk
• Wetstoepassing en SAPD
• Vermindering van geleenthede vir misdadigers om misdaad te pleeg
Nie een van hierdie taktieke op sigself sal alle misdaad stop nie, maar saam kan hulle misdaad voorkom voordat dit gebeur.
Wat as ek nie kan bekostig om die SCVID iets te betaal nie?
Die SCVID dwing niemand om te betaal nie. Ons glo dat jou waarde nie net bepaal word deur jou skenkings nie, maar ook deur jou betrokkenheid en geloof in ons doel. Al kan jy niks betaal nie, gaan ons steeds werk om Sandbaai vir almal beter te maak.
Jy kan help op ander maniere, byvoorbeeld deur te help om vullis op te tel, onkruid te verwyder in ons groenstroke, of sluit aan by die Buurtwag en help met patrollies. Ons is tevrede dat jy aansluit, al kan jy niks bydra nie. Ons hoop egter dat wanneer jou finasiële posisie verbeter en jy hou van wat ons doen dat jy sal bydra binne jou vermoë
My buurman dra nie by tot sekuriteitskostes nie. Hoekom moet ek?
So ‘n benadering is nie bevorderlik vir goeie buurmanskap nie en teenstrydig met ons doel. Indien jy R150 per maand bydra tot die SCVID en jou buurman dra R300 by, maak dit jou nie ‘n minder waardevolle lid van die SCVID nie. Ons behoort elkeen ons deel volgens ons vermoë te doen en so ons gemeenskap te verbeter, ongeag wat iemand anders bydra. As ons almal saamwerk sal ons, onsself verbaas oor wat ons alles sal kan regkry.
Is SCVID PSIRA geregistreer?
Nee. SCVID hoef nie PSIRA-geregistreer te wees nie. Ons is 'n VID, nie 'n sekuriteitsmaatskappy nie. Ons kameras sal gemonitor word deur ‘n PSIRA-geregistreerde maatskappy. Ons ondersteun patrollies wat onder 'n PSIRA-geregistreerde organisasie val. Ons voldoen ten volle aan PSIRA maar het geen vereiste om PSIRA geregistreer te wees nie.
Sal die SCVID-bedryfskoste mettertyd styg?
Nee. As gevolg van ons benadering om vooraf in infrastruktuur te belê en dit dan te finansier, sal ons koste daal namate ons nuwe bydraers kry en kapitaal, soos kameras, afbetaal word.
Hoe weet ons waar ons geld bestee word?
SCVID sal ‘n begroting met lede deel sodat almal presies weet waarheen jou bydraes gaan.
Hoe sal kameras misdaad op my straat voorkom?
Die eerste fase is om n virtuele muur te bou rondom Sandbaai, wat met die hulp van A.I. enige moontlike dreigemente sal optel. Die A.I. sal die beheerkamer inlig of daar n dreigement is of nie. Patrolleerders sal indien dit nodig lyk misdaad kan opvolg en keer voordat dit gebeur.
Die tweede fase is ‘n A.I. network regdeur Sandbaai wat ‘n persoon se bewegings ontleed. Dit laat die network toe om inwoners te waarsku van ‘n moontlike misdaad voordat dit gepleeg word. Dit sal vermy dat patrolleerders onnodig tyd verspil deur fisies na misdadigers te soek.
Boonop, wanneer die kameras iemand naby die grens van private eiendom opspoor, sal dit 'n alarm en flikkerligte aktiveer, wat gewoonlik veroorsaak dat misdadigers van die aandag weg beweeg.
Is dit werklik moontlik om Sandbaai met A.I. te beveilig?
Ja. Die rede waarom sommiges van mening is dat Sandbaai nie ten volle deur kameras gedek kan word nie, is omdat hulle onder die indruk verkeer dat een kamera die bedrag van R80 000 beloop en wil duur radio verbinding gebruik. DIt is egter nie die waarheid nie. Ons kan 15 to 20 betroubare A.I. kameras met veselverbinding vir die koste van slegs een radiosein kamera.
Ons werk daaraan om die stelsel in 2025 reeds te voltooi. Ons kamerarooster met die digitale heining langs ons grense sal indringers opspoor wat Sandbaai binnekom, hul ligging binne Sandbaai opspoor en met alle deelnemende sekuriteitsverskaffers koördineer.
Het ek nog privaat sekuriteit nodig?
Ja. Meer sekuriteit gaan net help. Deur jou privaat sekuriteitsmaatskappy se kontrak te behou, moedig jy hulle aan om deel te word van algemene misdaadvoorkoming in Sandbaai. SCVID vervang nie jou private sekuriteit nie, ons help hulle. Ons help hulle om hul kliënte beter te beskerm terwyl ons hulle aanmoedig om ons te help met ons beskerming van openbare ruimtes. Ons A.I. kamera-rooster sal vasstel waar die misdadigers is en gewapende reaksie waarsku wat hulle sal stop of vasvang. Jou sekuriteitsmaatskappy kan saam met ander reageerders werk om vinniger by jou eiendom uit te kom en dit vir misdadigers baie moeilik te maak om misdaad te pleeg. Wanneer misdaad in Sandbaai verminder word, baat ons almal daarby.
Wat as die kameras misluk?
Daar was heelwat bespreking rondom kameras wat misluk aangesien ‘n sekere beweging geïnvesteer het is kameras wat nie werk nie e nou radio tegnologie gebruik. Gedurende die afgelope jaar het dit geblyk dat hierdie kameras meer aflyn as aanlyn was. Verskeie misdade is gepleeg onder hierdie kameras, sonder enige reaksie. Daar was baie verskonings rakende die koste van instandhouding, daar was wind, maar daar was voortgegaan om daardie kameras aan te bevel. Wanneer jy of jou eiendom deur kriminele bedreig word, wil jy nie verskonings hoor nie.
Gedurende dieselfde tydperk wat daardie kameras misluk het, het CSI ons kameras in dieselfde area getoets en uitstekende resultate behaal. Patrolleerders is in kennis gestel, misdaad is voorkom en ‘n video is opgeneem. ’n Groot verskil is dat ons kameras nie op radiotorings en skottels staatmaak nie, wat dikwels ophou werk en 13 keer meer kos om in stand te hou. As een van ons kameras sou misluk, sal die netwerk 'n waarskuwing stuur en al die ander kameras sal aanhou werk. Ons kameras is op 'n veselnetwerk en dit is baie onwaarskynlik dat dit in die eerste plek sal misluk.
Wat as die internet vir die hele Sandbaai afgaan?
Die meeste van ons in Sandbaai geniet ‘n stiller lewe weg van ‘n groter stad soos Kaapstad, maar daar is tye wanneer rampe ons internetverbinding trref. Brande, storms en kabeldiefstal is werklike uitdagings wat ons in die gesig staar. Wanneer die internet verbreek is vir die hele Sandbaai, sal jy nie eens in staat wee om ‘n WhatsApp te stuur nie.
Selfs sonder internet, sal die SCVID kameras voortgaan om aktiwiteite op te neem en patrolleerders te waarsku. Patrolleerders sal deurentyd op hoogte wees met enige aktiwiteit en ‘n groter teenwoordigheid en sigbaarheid hê. Ons patrolleerders het radio’s vir kommunikasie met die monitering sentrum, in geval selfoon seine verloor word. Ons kameras is gebaseer aan rotsvaste betroubare veselverbinding en battery steunstelsels.
Ek het die mislukte voorestelde SRA ondersteun. Kan ek steeds by die SCVID aansluit?
Ja. Ons stem dalk nie altyd saam met ons bure nie, maar ons moet saamwerk om Sandbaai die beste te maak wat dit kan wees. Alle Sandbaaiers is welkom om aan te sluit, ongeag vorige konflik en verskille. Vat hande met ons om Sandbaai te verbeter. Ons wil almal ‘n veilige, skoon en vriendelike buurt hê. Ons kan dit saam vermag. Jy is welkom in die SCVID.
Is SCVID 'n sekuriteitsmaatskappy?
Nee. Ons is 'n vrywillige verbeteringsdistrik wat 'n stelsel bou wat sekuriteitsmaatskappye meer doeltreffend maak en misdadigers afskrik voordat hulle optree. Ons erken dat professionele sekuriteitspanne die beste toegerus is om gewapende reaksie te verskaf en ons help hulle met tegnologie en inligting.
Hoe kan ek bydra tot die SCVID?
Besoek ons bydraes bladsy om die besonderhede te kry.
Waar sal bydraes tot die SCVID bestee word?
Geld wat deur die SCVID ingesamel word, sal in Sandbaai bestee word aan sekuriteits- en verbeteringsprojekte waarvoor ons lede gestem het. Oudits sal met lede gedeel word om te wys hoe elke Rand bestee word.
Kan ek 'n SCVID-lid word as ek nie in Sandbaai woon nie?
As jy in Sandbaai woon, kan jy aansluit, al is jy ‘n huurder.
As jy eiendom in Sandbaai besit, maar nie in Sandbaai woon nie, kan jy steeds aansluit.
As jy 'n besigheid in Sandbaai besit, kan jy aansluit.
As jy nie in Sandbaai woon of aan bogenoemde kriteria voldoen nie, kan jy nie by die SCVID aansluit nie. Die rede is dat ons die mense van Sandbaai en hul doelwitte en belange verteenwoordig. Lede stem oor inisiatiewe en dit sal nie regverdig wees om enigiemand wat nie 'n duidelike gevestigde belang in Sandbaai het, 'n gelyke stem te gee nie.
Met watter groepe werk die SCVID?
Indien daar reeds instansies is wat Sandbaai wil verbeter, is ons bereid om saam te werk. Eerder as om reeds bestaande instansies te vervang , wil ons help om hulle meer effektief te laat wees. Groepe wat ons reeds ondersteun en mee saamwerk, is:
• Sandbaai Buurtwag
• Schulphoek Aksiegroep
• vrywillige skoonmaak en verbeterings projekte
• deelnemende private sekuriteitsmaatskappye
Ons beplan om in die toekoms met ander groot organisasies saam te werk vir 'n groter Sandbaai. As jy 'n voorstel het, laat weet ons deur 'n e-pos te stuur admin@scvid.co.za
Wat doen jy met lidmaatskapdata?
Ons vra ons lede vir hul naam, telefoonnommer en e-pos sodat ons met hulle kan kommunikeer deur WhatsApp en e-pos nuusbriewe. Vir al die tegniese besonderhede, sien ons privaatheidsbeleid.
Misdade het die afgelope tyd naby kameras plaasgevind. Hoekom het hulle nie gehelp nie?
Ja, daar was misdade wat onlangs reg onder die neuse van sekuriteitskameras gebeur het. Die kameras waar hierdie misdade plaasgevind het, was egter nie SCVID-kameras nie. Ons kan nie verantwoordelik wees vir misdade wat plaasvind onder OVSRA-kameras in Onrus of kameras in Sandbaai wat deur 'n maatskappy bedryf word wat nie met ons koördineer word nie.
Ons hoop dat die verouderde radioseinkameras wat dikwels nie werk nie, in die toekoms deur meer moderne A.I. kameras sal vervang word. Ons hoop dat die groepe wat geweier het om saam te werk vir misdaadvoorkoming in die toekoms by ons netwerk sal aansluit. Ons moet verenig wees in ons gemeenskaplike doelwit om Sandbaai te beskerm.
Is daar ander dorpe en voorstede in die Wes Kaap wat CID’s ingestel het?
Ja, in die City of Cape Town metro het die meeste van die voorstede en verskillende areas reeds CID’s met groot sukses. Byvoorbeeld:
Airport Industria City Improvement District
Athlone CID
Blackheath CID
Cape Town Central City Improvement District
Claremont CID
Epping City Improvement District
Fish Hoek Business Improvement District
Greater Tygerberg Partnership
Green Point CID
Groote Schuur Community Improvement District
Maitland CID
Muizenberg Improvement District
Observatory Improvement District
Oranjekloof CID
Paarden Eiland CID
Parow Industria CID
Sea Point CID
Triangle Farm City Improvement District
Voortrekker Road Corridor Improvement District
Vredekloof Community Improvement District
Woodstock Improvement District
Wynberg Improvement District
Zeekoevlei Peninsula
Wat is die SCVID-prioriteite?
Ons prioriteite sal bepaal word deur die stemme van ons lede – die inwoners van Sandbaai. Dit sal verander, soos ons groei as ‘n gemeenskap. Op die oomblik is ons prioriteite die volgende:
- Misdaadvoorkoming is ons eerste prioriteit. Dit maak nie saak hoe mooi die blomme in die groengordel is as jou huis beroof word nie. Dit maak nie saak hoe mooi die teken vir jou besigheid is as jou werknemers en kliënte op pad soontoe beroof word nie. Dus plaas ons misdaadvoorkoming eerste.
- Ons tweede prioriteit is skoonmaak en instandhouding, wat ook reeds bewys het dat dit tot laer misdaadsyfers lei. Wanneer openbare ruimtes goed onderhou word, is daar minder plekke vir indringers om weg te kruip. As ons strate skoon is met genoeg vullishouers, wys dit dat ons omgee vir ons gemeenskap.
- Ons derde prioriteit is die verbetering van ons algemene infrastruktuur. Elkeen van hierdie prioriteite werk saam om die lewe in Sandbaai vir almal beter te maak. Soos ons lede nuwe prioriteite voorstel en stem oor waarop ons gefokus moet wees, sal ons aanpas om aan die behoeftes van Sandbaai te voldoen.
Watter toesig is daar vir die SCVID?
Ons sal gereeld geoudit word en die resultate aan ons lede publiseer. Ons is SARS geregistreer. Ons word beheer deur ons bywette, die regulatoriese raamwerk vir CID/VID-organisasies, en die regulasies vir Maatskappye sonder winsbejag. SCVID-lede stem oor inisiatiewe en kan die oudits bestudeer. Ons sal enige vrae wat jy mag hê, met graagte beantwoord.
Hoe kry ons terugvoer van die SCVID?
Ons sal kwartaallikse nuusbriewe uitstuur en vergaderings hou soos nodig, maar jy kan enige tyd na ons uitreik. Jy kan direk deur WhatsApp, of Facebook, of e-pos aan ons ‘n boodskap stuur. Ons wil graag van jou hoor.
Is die SCVID dieselfde as CSI?
Nee. SCVID is 'n Gemeenskapsvrywillige Verbeteringsdistrik. CSI is 'n verskaffer vir sekuriteitskameras en installasies. Hulle is in Sandbaai gevestig. Hulle het 'n bewese rekord van sukses en bied uitstekende diens teen 'n billike prys. As jy tegniese vrae het oor A.I. kameras, kontak hulle deur hul webwerf by https://sandbaaicsi.co.za
Hoe lank is ons verbind tot die SCVID as ons inteken?
Ons ag persoonlike Vryheid belangrik. Jy kan ter enige tyd jou lidmaatskap opsê. Indien jy vir herhalende bydraes ingeteken het, kan jy ons eenvoudig in kennis stel van jou voorneme,en ons sal dit kanselleer. Ons wil graag jou vertroue verdien en dit nie vereis nie. As ons nie goeie werk verrig nie, hoef jy ons nie te betaal nie. Indien ons wel goeie werk verrig, hoop ons dat jy jou bydrae sal verhoog.
Sal my SCVID-fooie ooit styg?
Jy bepaal die bedrag wat jy bydra. Net jy bepaal of jy jou bydrae wil verhoog. Wanneer jy die positiewe resultate van die SCVID sien, hoop ons jy sal.
Ons gebruik investering voor die tyd om sekuriteit nou, eerder as later, te verbeter. Dit beteken dat koste egter sal verminder met tyd, wat ons weer in staat sal stel om te konsentreer op ander behoeftes wat die gemeenskap sal bepaal.
Wanneer is die SCVID begin?
Die SCVID is in Maart 2025 formeel as 'n NPC geskep, maar die beplanning daarvoor dateer so ver as 2023. Dit het begin as 'n idee vir hoe om misdaadvoorkomingsinisiatiewe, insluitend 'n sekuriteitskameranetwerk in Sandbaai, te finansier sonder om verpligte tariewe op mense af te dwing. Dit het gegroei om allerhande verbeterings in te sluit, gebaseer op die terugvoer van ons bure hier in Sandbaai.
Het jy 'n vraag wat nie hier beantwoord word nie?
Skakel ons gerus. Die kans is goed dat iemand anders dieselfde vraag sal hê. Stuur enige vrae na info@scvid.co.za en ons sal so spoedig moontlik antwoord. Dankie dat jy ons help om beter te word!
