Saam maak ons Sandbaai
★ Veiliger ★ Skoner ★ Beter

Wat is die SCVID
Te midde van groeiende veiligheidskwessies en stadige reaksie van die owerhede, het die mense van Sandbaai saam die Sandbaai Gemeenskapsvrywillige Verbeteringsdistrik (SCVID) gestig — ’n nie-winsgewende inisiatief wat strewe na ’n veiliger, skoner en sterker gemeenskap.
• Die inisiatief is nie net vir eienaars van eiendom nie, dit is oop vir alle inwoners.
• Lidmaatskap is GRATIS ,en bydraes is volkome vrywillig.
• Die SCVID is onafhanklik van die munisipaliteit, en doelwitte word bepaal deur sy lede.
• Lede stem oor projekte en prioriteite, en besluit saam wat gedoen moet word.
• Die SCVID word deur die gemeenskap bestuur, en funksioneer op ’n oop, eerlike en deursigtige wyse.
• Gereelde terugvoerings-verslae word gedeel, sodat almal presies weet hoe vordering gemaak word en waar fondse aangewend word.
• Ons werk hand-aan-hand met plaaslike organisasies en besighede om bestaande pogings te ondersteun en te versterk.
• Deur saam te staan, word Sandbaai bemagtig om die stryd teen misdaad en verval te bekamp. NOU.
BEFONDSING
Die SCVID dwing geen tariewe af op enigiemand nie. Ons is afhanklik van vrywillige donasies uit die Sandbaai-gemeenskap. Ons glo dat, wanneer mense die verskil sien wat ons maak, hulle graag sal bydra tot die veiligheid en verbetering van Sandbaai. Hoeveel jy bydra, is jou eie keuse.
• Lidmaatskap is GRATIS ,Bydraes is heeltemal vrywillig en gebaseer op wat jy kan bekostig.
• Daar is geen verpligte tariewe, geen jaarlikse verhogings, en geen verborge kostes op jou munisipale rekening nie.
• Donateurs kan hul bydraes toewys aan spesifieke verbeteringsprojekte, indien verkies.
• Jy kan kies tussen ’n maandelikse bydrae of eenmalige donasie, en dit enige tyd aanpas of kanselleer.
• Die SCVID is ’n geregistreerde nie-winsgewende maatskappy (NPC), volledig SARS-gesertifiseer, en word deur Sandbaai-inwoners bestuur.
• Lede het toegang tot die begroting en finansiële oudits.
• Lede stem oor hoe fondse aangewend word.
• Donateurs kan hul bydraes toewys aan spesifieke verbeteringsprojekte, indien verkies.
• Hoe meer ondersteuning ons nou kry, hoe vinniger kan ons die gewenste verbeterings aanbring.
MISDAAD
Veiligheid is tans ’n groot bekommernis in Sandbaai. Die SCVID fokus daarop om misdaad te voorkom vóór dit plaasvind, deur middel van ’n geïntegreerde sekuriteitsplan:
• ’n Volledige kameranetwerk op vesel, wat die hele Sandbaai dek en 24/7 gemonitor word.
• Die stelsel maak gebruik van gevorderde kunsmatige intelligensie (KI) om verdagte aktiwiteit betyds op te spoor.
• Waarskuwings word outomaties gedeel met deelnemende sekuriteitsmaatskappye en die Sandbaai Buurtwag.
• WhatsApp Spotters-groepe waarsku inwoners direk wanneer iets verdags in hul omgewing aangemeld word.
• Patrollies werk saam oor verskillende sekuriteitsmaatskappye heen, sodat daar vinnig en doelgerig op enige dreigement gereageer kan word.
VERBETERINGS
Daar is altyd iets wat verbeter kan word in Sandbaai — of dit nou gemeenskaps-skoonmaakaksies, die opknapping van groenstroke, die herstel van infrastruktuur, of net ’n meer verwelkomende dorpsbeeld is. Sandbaai het reeds vrywilligers wat stilweg wonderlike werk doen. Die SCVID is nie hier om hulle te vervang nie, maar om hulle te versterk en ondersteun — deur hul werk sigbaar te maak, meer hande by te kry, en te help met fondsinsamelingsprojekte. Wanneer lede stem vir ’n verbetering waarvoor daar nog nie ’n plan bestaan nie, sal die SCVID ’n plan opstel en dit help uitvoer. Het jy ’n idee om Sandbaai beter te maak? Ons hoor graag van jou! Stuur ’n e-pos na: info@scvid.co.za
